Ons studente is ons trots.
Vir die afgelope 28 jaar reeds bied Atterbury Trust, met behulp van onafhanklike eksterne donateurs, rentevrye studiebeurslenings aan nuwe generasies toekomstige leiers en behoeftige studente dwarsoor Suid-Afrika. Ons studente is ons trots, en sedert 1999 is daar reeds bykans ‘n duisend Afrikaanse studente uit alle vlakke van die samelewing bemagtig en toegerus om verder te studeer met die hoop om die potensiaal van die nuwe generasie te ontgin en ons plaaslike gemeenskappe op te hef. Elke jaar word honderde aansoeke ingevorder en elkeen persoonlik deur die Atterbury Trust-span noukeurig nagegaan. Maar, selfs met die onwrikbare ondersteuning van ons finansiële ondersteuners en ons alumninetwerk, is en sal die behoefte altyd groter wees as die begroting. Ons is opreg dankbaar teenoor almal wat ons ondersteun en ons in staat stel om jaar na jaar meer studiebeurse moontlik te maak. Hiermee nooi ons jou ook uit om saam met ons ’n verskil te maak deur die volgende generasie se hande sterk te maak.
Beurse reeds uitgereik aan jong uitblinkers
Grade behaal deur Atterbury Trust Presteerders
Studente in vanjaar se beursprogram
Kriteria
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees.
