Ons studente is ons trots.
Doen vandag aansoek vir ‘n rentevrye studiebeurslening by Atterbury Trust.
Atterbury Trust belê al vir meer as 27 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer.
Bykans 943 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2025 is daar ongeveer 195 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.

Beurse reeds uitgereik aan jong uitblinkers

Grade behaal deur Atterbury Trust Presteerders

Studente in 2024 beursprogram teenwoordig
Kriteria
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees.