Ons studente is ons trots.
Neem asb kennis dat ons aansoeke vir 2026 gesluit het. Hou gerus ons sosiale media en webblad dop vir meer inligting rakende ons 2027-aansoekproses.
Atterbury Trust belê al vir meer as 27 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer.
Bykans 943 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2025 is daar ongeveer 195 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.
Beurse reeds uitgereik aan jong uitblinkers
Grade behaal deur Atterbury Trust Presteerders
Studente in vanjaar se beursprogram
Kriteria
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees.
